In Memoriam,
Christo Volschenk
EK HET HOM GEKEN... - deur Piet Marais
CHRISTO VOLSCHENK... Ek het hom geken. Hy was my vriend.
Ek gaan op my knieë uit dankbaarheid dat so 'n mens in my lewe, nee, ons almal s'n, geskenk is.
Hy was 'n man, vader, seun, broer, sportman, vriend van vele, 'n vertroueling, akademikus en bowenal in ons arena gesien, 'n insiggewende skrywer en joernalistieke gladiator, maar veral, mens.
As jy hom nou sou ontmoet, sal jy dit nie sommer kan sê nie. Hy was so beskeie dat jy hom lank moes beleef en waarneem voordat jy besef het hoeveel liefde, diepte en wilskrag in een mens gesetel kan wees.
Hy was nie net 'n toonbeeld van beskeidenheid nie. Hy was die beskeidenheid self. Soveel so dat jy soms gewonder het of hy van sy krag en vermoëns bewus was.
Net enkele eienskappe: hy was akademies skrander, 'n top-sportman, 'n bestuurder wat verskeie redakteursposte beklee het, 'n ekonomie-skrywer met 'n string pryse agter sy naam, en die innoverendste joernalis waarmee ek die voorreg gehad het om saam te werk, o.m. om die uitdagings van die nuwe Internet-era van joernalistiek aan te durf.
Die laaste foto...Christo drie dae voor sy dood op Loxton by 'n wynveiling afgeneem saam met Nicol Steenkamp, wat hy op Loxton ontmoet h
Lees Nicol se boodskap (regs)
Christo
Broer, Vader, Vriend, Kollega, mede-Paul Roser...
Semper Splendidior
Saamgestel deur Maret Cronjé, Christo se suster, en Piet Marais, vriend en kollega
Saam met PRG-vriende op sy verjaarsdag, 30 April
Links: Paul Roos se tennis-span, met sy pa,Wessel Volschenk , voor regs, die afrigter. Bo, soos ek hom geken het. Ekonoom met 'n politieke fondament en 'n oog op 'n berig - Red.
Joernalis
Sportman
Akademikus
Insigsmens
Afrigter by Cliff Drysdale se tenniskamp in Amerika
Christo in Woord en Beeld
"Ons ander mansstudente het hom beny dat meisies om hom wou drom soos bye om n heuningkoek en hy oënskynlik onbewus?
"Snaaks wat mens onthou. In vierďe jaar dink ek was hy en Sharloom Knoetze n item vir n wyle. Sy het die langste bene op Stellenbosch gehad - en versker ook die kortste minis.
"Sjoe, sy was mooi, ek onthou." - Wessel Nel op WhatsApp. Hy en- Christo het saam huisie gedeel op plaas langs Lanzerac Hotel op Stellebosch.
"Ons moes met hartseer 'n tydjie gelede verneem ons ou Dalsig buurman Christo Volschenk is oorlede! Ja die meeste van die meisies van Buitekringweg, Dalsig was verlief op hom! Christo was 'n voorbeeld vir almal. Christo ons Badenhorst kinders gaan jou mis! Maret dankie vir alles wat jy die afgelope tyd vir Christo gedoen het! Ek salueer my vriend. Jy was een uit 'n 1000!" - Alta Dippenaar op Wix Let's Chat
"Beslis die beste kollega wat ek ooit gehad het, wat in 'n 20+ jaar vriendskap ontwikkel het. Het telke male vir hom in Stuttgart gaan kuier. Sy droom-aftrede was in die Karoo, en hy't na Loxton getrek in Januarie. Dit het ongelukkig nie so lank gehou soos hy gehoop het nie." - Leon Britz op Facebook
"Vaarwel Christo. Wat n span was dit nie x."- Lizal Janse van Rensburg, op Leon Britz se Facebook
Meegevoel en sterkte vir Christo se familie en vriende. Dit was 'n opwindende tyd toe ons saam gewerk het.
-Alfred Kruger op Leon Britz se Facebook
Daar is nog baie blyke van medelye en herinnering op Leon se Facebook. Alfred, Lizal en Leon het saam met Christo Naspers se eerste Internetblaaie vir finansiële beriggewing geskep, wat later tot Fin24 op die Web, 24.com en Moneymax gelei het. Alfred, soos ek hom ken, het waarskynlik nou nog voorbeelde van daardie eerste, hoogs innoverende blaaie - Red
Christo (Vollie soos ons hom genoem het), was ‘n baie goeie lokale vriend. ‘n Gentleman met ‘n sagte aanslag in sy omgang met mense. Hy kon maklik lag, nie net met ander nie, ook vir homself. Hy het eerlik geleef met homself, sy vriende, ander en die lewe. Of hy altyd gevind het wat hy gesoek het, weet ek nie. Ek weet wel hy het die beste van elke situasie gemaak, dit geniet en nooit van sy verantwoordelikheid weg geskram nie.
Dit was lekker om weer so vir laas te kon kuier. Dit was net heeltemal te kort en te min!
- Pierre Goosen (skool en lewens vriend) op Wix Let's Chat (Pierre Was in 1970 Hoofseun van PRG en Christo Onder-Hoofseun. Kyk na die hooffoto op Fotoblad 1 - Red.)
NASPERS SE INTERNET-BAANBREKERS
Christo het veral saam met Leon Britz (links), Alfred Kruger en Lizal Janse van Rensburg met die eerste gewaagde stap in die finansiële joernalistiek die Internet betree.