In Memoriam,
Christo Volschenk
Op LEON BRITZ se Facebook
Regstelling nadat aanvanklik berig is dat Nicol en Christo skoolmaats was (kyk na die hooffoto op die Tuisblad:
dankie het jou skrywe gelees
gebruik n tablet slaag nie om af te laai en oop te maak
kan jy dalk na my epos ad stuur dankie
ek en Christo was nie klasmaats het eers hier ontmoet
hy was baie nostalgies oor P Roos en dit was vir hom soos n ekstra band tussen ons
ons het gou bevriend geraak en hy was n wonderlike gesels maat een wat ek nooit kan vervang nie
ek was bevoorreg om sy laaste uitstappie te deel, ons het n gesellige aand gedeel en daar was geen teken van wat sou kom nie
kort voor die einde het hy my vir ete genooi en uit sy pad gegaan om my tuis te laat voel selfs n bottel Tassenberg gekoop vir die aardigheid ... ons is maar almal op Tassies
gespeen en dit was verbasend drinkbaar
met die ontwikkeling van ons vriendskap het dit gevoel asof ek n prys gewen het ... met sy afsterwe het dit kompleet gevoel asof hulle die prys kom terug vat het !
groete
NICOL
Epos ontvang van: Nicolaas Salomo Louw Steenkamp