top of page

Begrafnisdiens
 

Loftuiging op 20 Oktober in die Christ Church in Banghoekstraat, Stellenbosch, gelewer

Gedenksteen.jpg

Die Lof /The Eulogy CHRISTO VOLSCHENCK

Dear Pastor, thank you for your sermon to us, and for Christo.

Thank you for the privilege today to speak of the good, to deliver a eulogy in this church in the town we love, Stellenbosch

Friends, family, brothers and sisters, I come to praise a dear friend, Christo.

Maret, Ons, dis nou ek, my ou Paul Roos-vriend Paul Louw, en  ‘n onderwyser van my en Christo, Niël du Toit, was vanoggend in jou Pa se klaskamer daar op Paul Roos. Daar waar ou Volla die kennis en vaardighede van hout- en metaalwerk  aan sy leerlinge oorgedra het. Dit is in ‘n sentrum omskep vir nuwe tegnolgie met rekenaars en elke innovasie waaraan jy kan dink. Dis waar vandag se Paul Rosers die toekoms in gelanseer word. 

Die vise-rektor, Frans van Niekerk, het vertel dis waar seuns van die PRG selfs eerder in die speeltyd bymekaar kom. Persoonlik dink ek Elon Musk sal sy agtertande gee om bietjie daar saam te speel. Dit kan net iets goeds afgee. Dalk leer hy iets.

Die treffende ironie is dat die inspanning van nuwe toepassings vir inligting-oordrag  juis die jongste projek was wat Christo met sy aftrede op Loxton aangepak het. Hy het o.m. 'n bydrae van 3000 boeke gekry  om die geskiedenis en omgewing van die Karoo met voorpunt-toestelle en -programme vir mense uit te beeld. Die huis wat hy op Loxton gekoop het om af te tree en sy nuwe prjek aan te pak, is twee of drie huis vanwaar jul ouma en oupa hul eie onderneming gehad het.

Christene, Kira, most of my eulogy is delivered in Afrikaans with portions served in English here and there. There will be some phraseology that you will not understand. However, Maret and I have created a website In Memoriam Christo. Please join us in all our Internet communication that we have and will continue to spread to commemorate the life of Christo. If you neecd translations, please contact us. Christo would have appreciated our use of the Web. He enjoyed innovation.

As illustrated on the website, he loved you both deeply and dearly. Please accept our heartfelt condolences with your mourning and parting, but also the joy of remembrance and celebration of a life well lived. 

I know, he loved you dearly and we share in your profound loss of parting, but also in the joy of remembrance

Maret het vir my ‘n knipsel uit Die Huisgenoot gestuur wat nog nie op die webruimte is nie. Soos julle weet, Christo was in hart en siel ‘n joernalis en het baie van sy loopbaan die Nasionale Peras aangedurf, waarvan Die Huisgenpoot toevallig op sigself  ‘n  suksesverhaal is. 'n brief van Christo se sub-A juffrou lui as volg:

Juffrou juffrou.jpg

Nou haal ek aan uit die hoofartikel wat ek op In Memoram Christo geskryf het:

CHRISTO VOLSCHENK... Ek het hom geken. Hy was my vriend.

Ek gaan op my knieë uit dankbaarheid dat so 'n mens in my lewe, nee, ons almal s'n,  geskenk is.

Hy was 'n man, vader, seun, broer, sportman, vriend van vele, 'n vertroueling, akademikus en bowenal in ons arena gesien, 'n insiggewende skrywer en joernalistieke gladiator, maar veral, mens.

As jy hom nou sou ontmoet, sal jy dit nie sommer kan sê nie. Hy was so beskeie dat jy hom lank moes beleef en waarneem voordat jy besef het hoeveel liefde, diepte en wilskrag in een mens gesetel kan wees.

Hy was nie net 'n toonbeeld van beskeidenheid nie. Hy was die beskeidenheid self. Soveel so dat jy soms gewonder het of hy van sy krag en vermoëns bewus was. 

Net enkele eienskappe: hy was akademies skrander, 'n top-sportman, 'n bestuurder wat verskeie redakteursposte beklee het, 'n ekonomie-skrywer met 'n string pryse agter sy naam, en die innoverendste joernalis waarmee ek die voorreg gehad het om saam te werk, o.m.  om die uitdagings van die nuwe Internet-era van joernalistiek aan te durf.

Een van die mooi bydraes wat ons op die webwerf   In Memoriam Christo Volschenck ontvang het, kom van Hennie, Dup, du Preez.  "Christo was ‘n saggeaarde en sagsprekende man met ‘n spitsvondige sin vir humor," vertel Hennie. Hy en Christo het mekaar op die tennsbaan ontmoet en in die laat jare sewentig op Stelenbosch twee jaar lank 'n woonstel gedeel. 

Hennie het 'n nimlike skryfstyl en vertel o.m.: 

"Christo was ‘n saggeaarde en sagsprekende man met ‘n spitsvondige sin vir humor. Ek onthou nog toe ons vir die eerste keer “Jaws” gaan kyk het. Toe die dame by die kaartjiehokkie vra waar ons wil sit, antwoord hy: “Twee kaartjies in die vlakkant asseblief…”

Nou moet jy jou indink hoe Christo toe gelyk het en hoe hy altyd was:

"Daar was een eienskap van hom wat ek egter nooit kon definieer nie," skryf Dup. " Ofskoon Christo ‘n baie intelligente man was met ‘n skerp, ontledende waarnemingsgawe, het hy ‘n eg-eie, inherente ongeërgdheid in hom gehad, amper ‘n edele naïewiteit. Iets wat baie meisies tot rasendheid gedryf het - of selfs tot hom aangetrek het…

"Hy het vir my altyd soos ‘n Franse kunstenaar gelyk. Hy was nogal gesteld op sy kleredrag. Nie hoog-mode nie, maar altyd stylvol. Meestal ‘n effe-kleurige uitrusting met ‘n baadjie όf  ‘n oorhangende trui wat hy aan sy voorkant losserig geknoop het."

Ek sien daar in die gehoor sit Leon Britz wat saam met Christo baanbrekerswerk op die Internet gedoen het. Ek sien ook ook vir Lood Rabie en Willem Cillie, wat Christo van kleins af geken het en saam skoolgegaan het. Ek sien ook....

Wag. Laat mens eerder afsluit. So 'n Eulogie kan lank aangaan en kort 'n slot. Die geluk is, die Internet het geen einde nie en Christo se lofrede sal daar bly voortbestaan. 

Ou Dup moet my vergewe. Sy slot neem ek met liefde in my gemoed oor en dra dit met net  sodanige liefde oor:

"‘n Groot boom het in my lewenswoud geval. Daar is baie herinneringe. Ek sal dit in my geheue-album bȇre en vertroetel. ‘n Onsigbare naelstring sal ons altyd in hierdie lewe verbind. Ek groet jou, vir nou, my vriend… tot later…"

Links: Hierdie was ongelooflik! My 3 beste vriendinne uit my 1ste jaar op universiteit! Hul het onaangekondig daar opgedaag. Ons 4 was saam in Nerina koshuis. Lynette, agter my, was my kamermaat en ons het 4 jaar saam studeer. B.Prim.Ed gedoen. Dit was die grootste verrassing van die dag!

- Maret by Christo se begrafnisdiens

bottom of page