In Memoriam,
Christo Volschenk
​
Dr. Niël du Toit was 'n jong onderwyser in ons tyd. Hy is nou nog 'n vertroueling en in eie reg 'n bedeesde sakeman. Hy is 'n sterk skakel in die ketting van die gemeenskap van die Paul Roos Gimnasium. Innoverende denke is deel van sy leerkrag, soos Christo dit uitgebeeld het.
Gaan kyk gerus na Kontrei Traveller Home.
​
-Red.
Daniël (Niël) du Toit
van Die Paarl
Beste Piet
Ek sal enkele uittreksels uit die jaarblad stuur. Hopelik is die kwaliteit van die foto’s publiseerbaar.
Dit wys grepe van Christo Volschenk met sy klas- en tydgenote uit sy matriekdae.
Sien dit asb teen die agtergrond van mnr G J Smit se siening wat vandag as deel van die skool se etos sou geld.
Dit verwys na sy siening dat Paul Roos ‘n bydrae moet maak tot die selfstandigwording van ons skoliere. Ek verwysnet na enkele aspekte daarvan. Benewens die toepassing daarvan op die individu vir sy aandeel aan sy matriekuitslag en persoonlike ontwikkeling in en deur akademiese kennis, het hydaarop aangedring dat die matriekklas sterk leiding in die skool moet neem. Matrieks moet sover moontlik kapteins van sportspanne wees en voorsitters van die verenigings. ‘n Matriekleerling moes ook redakteur van die Semper en van die jaarblad wees.
In vriendskap
Daniël du Toit