top of page
Writer's picturePiet Marais

Ek het hom geken...

Updated: Oct 15, 2022

Deur Piet Marais

CHRISTO VOLSCHENK... Ek het hom geken. Hy was my vriend.

Ek gaan op my knieë uit dankbaarheid dat so 'n mens in my lewe, nee, ons almal s'n, geskenk is.

Hy was 'n man, vader, seun, broer, sportman, vriend van vele, 'n vertroueling, akademikus en bowenal in ons arena gesien, 'n insiggewende skrywer en joernalistieke gladiator, maar veral, mens.


As jy hom nou sou ontmoet, sal jy dit nie sommer kan sê nie. Hy was so beskeie dat jy hom lank moes beleef en waarneem voordat jy besef het hoeveel liefde, diepte en wilskrag in een mens gesetel kan wees.

Hy was nie net 'n toonbeeld van beskeidenheid nie. Hy was die beskeidenheid self. Soveel so dat jy soms gewonder het of hy van sy krag en vermoëns bewus was.

Net enkele eienskappe: hy was akademies skrander, 'n top-sportman, 'n bestuurder wat verskeie redakteursposte beklee het, 'n ekonomie-skrywer met 'n string pryse agter sy naam, en die innoverendste joernalis waarmee ek die voorreg gehad het om saam te werk, o.m. om die uitdagings van die nuwe Internet-era van joernalistiek aan te durf.

In die jare sestig was die Paul Roos Gimnasium nog 'n skool in klein getalle. Soos nou, was dit 'n ware seunskool. Die getalle was sodanig dat almal mekaar geken het. Dis waar ek Christo ontmoet het, ek in matriek en hy in st. 8 - die jaar 1965.

Elkeen het lank sy eie pad geloop tot ons mekaar later by die Johannesburgse koerant Beeld raakgeloop het. Hy het later ekenomiese redakteur geword. Ek is na Kaapstad verplaas en het Stelselredakteur van Nasionale Tydskrifte geword.

Toe stig Naspers die finansiële tydskrif Finansies en Tegniek. Christo is in die Johannesburgse redaksie aangestel en ek in Kaapstad. Dis waar ons vriendskap werklik ferm geraak het. Ons het toe ten nouste begin saamwerk.






35 views0 comments

Opmerkingen


bottom of page